Signed in as:
filler@godaddy.com
Signed in as:
filler@godaddy.com
Na ‘n suksesvolle Pay it Forward Christusfees in 2019, wat ‘n Gospelfees ingesluit het, was ons opgewonde om weer in 2020 een aan te bied, maar Covid 19 het ons in ons spore gestuit. Ons het ons egter nie laat afsit daardeur nie, en het ‘n gesalfde aanlyn INbly Gospelfees aangebied, waarna jy kon kyk in die gerief van jou eie huis.
Van ons land se gunsteling gospel kunstenaar was deel van hierdie INBLY Gospelfees. Oom Karoolus en Lente, Danie Botha, Onbeskaamd, Lizette, Leon Ferreira, Carindé en Anneli Gouws.
Ons land se kunstenaars was van die groep mense wat die hardste geslaan was deur die beperkings. Die fondse wat ons ingesamel het tydens hierdie aanlyn uitsending, was geskenk aan die kunstenaars wat deelgeneem het.
Indien jy die Aanlyn Gospelfees misgeloop het, kan jy nou daarna kyk, deur op die volgende skakel te click.
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.